Ons wil net weer eens se baie baie dankie vir
alles!



Bosduifklip het ons troue regtig waar
onvergeetlik gemaak en was baie meer as wat ons verwagtinge was.

Almal kan nie
uit gepraat raak oor die ongelooflike kos en gasvryheid nie. Alles het so mooi
gelyk en ons het
regtig waar trane in ons oe gekry van blydskap!

Oom Kobus dankie vir die Rollmops ek en Bennie
het dit sommer vinnig op geeet na ons gister daar weg gery het.

Ons is so bly dat ons Bosduifklip gekies het vir
ons spesiale dag en by gese dat dit die enigste venue was wat ons na 
gaan kyk het, na ek vir plekke op die internet
rond gesoek het. Ons is dol verlief op die plek en sal enige tyd weer kom
kuier. Julle voel regtig waar vir ons soos
familie wat ons by gekry het en nie net kennise nie.

Liefde Groete
Mnr en Mev Dixon